Wild welpie-smokkel is lonende bedryf


Gerugte vlieg rond van boere in Suid-Afrika wat leeu- en luiperdwelpies vanaf Botswanna insmokkel om later as trofees op hulle jagplase aan te bied vir oorsese jagters.

Dit blyk dat die onwettige praktyk ’n betalende bedryf geword het en dat Suid-Afrikaanse leeutelers blykbaar deel van ‘n netwerk is.
Die leeu- en jagluiperd welpies word uit gesmokkel as die ma van die welpies geskiet moet word omdat sy ’n probleem het.

Volgens die gerugte is minstens ses boere in Suid-Afrika betrokke by die onwettige netwerk. Klaarblyklik is daar op jagplase nie genoeg van dié katte om in die aanvraag te voorsien nie, en dan moet welpies van elders bekom word.

’n Natuurbewaarder, mnr. Sarel van der merwe het glo gesê hy wil nie alle wildtelers beskuldig nie, maar hy weet van ’n aantal wat hulle wel skuldig maak aan die onwettige bedryf.