Wie en wat is die Gupta-familie?


Drie broers van die Gupta-familie, almal van Indië, het rondom 1994 in Suid-Afrika aangekom en woon permanent is die land.

Hulle woon almal in Saxonwold, Johannesburg.

Talle gerugte en bewerings word oor hulle gemaak. Sakepraktyke in Suid-Afrika wat deur hulle besit en beheer word, kan moontlik gekoppel word aan bespiegeling dat hul politieke konneksies in die land mag bygedra tot hul finansiele welslae.

Die familie besit Sahara-computers, Suid-Afrika se grootste rekenaar groep. Onlangs het hulle die TNA-mediagroep, wat The New Age koerant publiseer, oorgeneem. Die familie word gekoppel aan mynwese en minerale sake. Die omstrede Imperial Crown Trading 289 (ICT) se prospekteer regte in Sishen is een waaraan die Gupta-familie glo gekoppel is.

Talle pogings deur groter instansies met ondersoeke na die Gupta’s se bande, ondermeer hul verbintenis met regeringslui veral mense in ANC geledere, was sonder noemenswaardige sukses. Selfs Cosatu, wat per geleentheid ’n ondersoek na die Guptas se maatskappye gedoen het, was nie suksesvol nie. Mediaberigte dat die Gupta’s glo pres.
Jacob Zuma en sekere regeringsamptenare se keuses met aanstellings sou manipuleer, kon nie finaal vasgestel word nie.
Foto- Een van die familie