Werkloosheid styg


Volgens Statistiek SA se nuutste vrystelling het Suid-Afrika se werkloosheid vanaf die vierde kwartaal 2012 tot die eerste kwartaal 2013 met ongeveer 100 000 persone toegeneem. Die werkloosheidsyfer staan nou op 4,6-miljoen persone wat 25,2% is teenoor die vorige 24,9%.

Die amptelike definisie vir werkloosheid word bereken op persone tussen die ouderdom van 16 tot 64 wat in die week voor die opname werkloos was en probeer het om werk te kry. Indien die syfer ook die persone insluit wat moed opgegee het om werk te soek staan die werkloosheidsyfer op 36,7%.

Om die saak in perspektief te stel kan dit vergelyk word met die werkloosheidsyfers in Europa wat tans ‘n groot ekonomiese krises ondervind en waar werkloosheid soos volg is: Griekeland 27,2%, Spanje 27,2%, Portugal 17,5%, Frankryk 10,8% en Duitsland ongeveer 6%.