Weermag mishandel rekrute


Tien Weermag rekrute by Oudtshoorn se Infanterieskool het nadat hulle strafopleiding ondergaan het, in die hospitaal beland.
Volgens een van die rekrute was hulle vir 34 uur aanmekaar “opgeneuk”.

Een van die rekrute is so erg beseer dat ’n spesialis genader moet word in ’n poging om sy erg beseerde arm na te gaan en te probeer dat die arm nie geamputeer word nie.

Van die ouers is nou in proses om regsmening in te win sodat ’n siviele eis teen die Weermag ingestel kan word.
Van die rekrute het daarin geslaag om foto’s uit te smokkel sodat die wereld kan sien wat aan die gebeur is.
Die foto bevestig dat die rekrute pimpel en pers met besemstokke geslaan is.

Kenners het aan Die Vryburger gesê dat strafmaatreëls vir verkeerde gedrag van rekrute heel paslik is, maar dat dit so gedoen moet word dat daar nie liggaamlike letsels gelaat word nie. Die normale prosedure is gewoonlik dat rekrute se af tye gekanselleer word, dat hulle bykomende dienste moet verrig, dat hulle ekstra oefen sessies moet doen en dat hulle selfs ander rekrute se klere moet versorg.

Om rekrute te slaan en ernstig te beseer getuig van ongedissiplineerde mense in gesagsposisies, het hy gesê.