Weermag koop R1,6 miljard se vliegtuie


Die Suid-Afrikaanse Minister van Verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het aangekondig dat haar Departement so gou moontlik nuwe BBP-stralers sal aanskaf.

Dié stralers kan glo heelwat meer as R1,6 miljard kos.

“Ja, dit gaan aan, ek gaan nie hier staan en lieg nie,” het sy gesê toe sy oor die aankope uitgevra is.

“Dit is net ’n kwessie van hoe gou dit gedoen kan word. Ons het ’n verantwoordelikheid om die Baie Belangrike Persone -vliegtuie aan te koop,” het sy gesê.

“Mapisa-Nqakula het gesê dit word te duur om die heeltyd van huurvlugte gebruik te maak.

Die beplande aankope vind plaas te midde van die Weermag se swak ekonomiese beheer wat daartoe aanleiding gegee het dat die Weermag deur meningsvormers as ’n bankrot Weermag bestempel word.