Weerlig en aurora


‘n Raar foto van rooi blits en ‘n aurora

Rooi weerlig word so selde gesien dat dit slegs 25 jaar gelede as fenomeen bevestig is. Onlangse navorsing na die verskynsel het gevind dat na ‘n kragtige, positiewe wolk-tot-grond blits, “hierdie rooi weerligverskynsels mag ontstaan as 100 meter balle van geïoniseerde lug wat dan neerskiet vanaf ‘n 80km hoogte teen 10% van die spoed lig en wat gevolg word deur vinnige opwaartstygende geïoniseerde balle.”

Die foto wat ‘n paar dae gelede in Suid-Dakota, VSA geneem is, is die eerste foto van ‘n rooi blits en ‘n aurora. Stormwolke kan ook gesien word.