Wanneer gaan ons beursie mense forseer ?


’n Getroue leser skryf die volgende oor sy Internet diensverskaffer:

n Interessante terugvoer wat ek, as kliënt van die afgelope 7 jaar, kry na aanleiding van klagtes nadat die dienste vir geruime tyd in April onderbreek was, en ek maar oorgeskakel het om my e-pos in Engels te bewoord aangesien dit andersins (klaarblyklik) nie aandag kry nie.

Nie net het ek in 7 jaar sowat R2,000 per jaar getrou betaal nie, ek het verskeie ander projekte oor daardie periode deur hierdie “diensverskaffer” geloods.

Die ergste is dat alhoewel ek begrip het dat nie almal, oral twee of meer tale vaardig is nie, ek elders by meer as een geleentheid al versoek is om die saak na ´n persoon te verwys wat my wel in die taal van my keuse kan help.

Ek meen dit is nou hoog tyd dat ons met ons beursies begin keuses maak, maar óók gedrag soos hierdie rugbaar maak!
Ons mense moet vertel word van elke onderneming wat graag ons geld vat, maar hulle nie steur aan ons taal nie !!

Hier onder is die e-pos waarin die leser verwittig is dat hy net in Engels met hulle kan kommunikeer.

From: Cynthia Mabena [mailto:[email protected]]
Sent: 27 May 2013 08:31 AM
To: Euan
Subject: RE: iBurst Notification

Good day

Kindly note that correspondence with us can only be in English as we do not have an interpreter for any other language, kindly send the attached in English and I will be able to understand your query.

Regards
Cynthia