In ’n persverklaring wat Die Vryburger ontvang het vanaf die Afrikaner Kultuurbond se bestuur, word die DA tereg gewys op hulle jeuglede se verwronge beeld van wat rassisme is.
AKB se volledige verklaring lui soos volg:
Dié vraag van C J Langenhoven dui op die dubbele standaarde wat eie is aan die heersende liberale
denkstroom soos dit deur die DA-Jeug gestalte gegee is, toe ´n groepie betogers teen die
Kleinfonteinse Afrikanergemeenskap te velde getrek het.
Die DA-jeug se onverdraagsaamheid teen die Afrikanergemeenskap te Kleinfontein is nie die enigste
peiler van etniese onverdraagsaamheid nie. Die ANC-burgermeester van Tshwane, mnr
Ramakgopa, se anti-Afrikaner agenda laat eweneens blyk dat tussen die liberalisme van die DAJeug
en ANC is daar net ´n graadverskil.
Die Afrikaner-gemeenskap en ander minderhede beleef in toenemende mate dat, ondanks artikels
185, 235 en ander grondwetlike ooreenkomste, die Nuwe Suid-Afrikaanse imperialisme nie ruimte vir
diversiteit toelaat nie. Slegs een model is aanvaarbaar en alle ander verskille moet, ongeag
Internasionale en nasionele regsbeginsels, vernietig word.
Dit is duidelik dat nóg die ANC nóg die DA dit ernstig het met artikels 128 en 235 van die grondwet,
anders sou die nodige wetgewing gevolg deur regulasies om dit te implimenteer lankal reeds op die
tafel gewees het. As dit die ANC pas kan hulle wetgewing oornag stoomroller.
Soos alle imperialistiese wêreldbeskouings is dit gemaklik om propaganda te bou op ´n
werklikheidsverstaan en lewensopvatting wat pretendeer om moreel en eties regverdigbaar te
wees. Die DA-jeug se aansprake dui egter dat dit ´n opportunistiese en gemanipuleerde
werklikheidsverstaan en lewensopvatting koester wat etniese Afrikaners se taal, kultuur en
godsdienstige uniekhede verag.
AKB verklaar dat etnisiteit, soos dit in internasionale en nasionale wetgewing gestalte vind, ´n
komplekse en verwikkelde begrip is. Etnisiteit gaan hand aan hand met identiteit en identiteit word
vanuit verskeie bronne gevorm o.a taal, kultuur, historiese verbondendheid, godsdiens, ras,
wêreldbeskouing en lewensopvatting.
Internasionaal is dit duidelik dat etnisiteite genuanseerd is bv. die Joods-Israelitiese etnisiteit kan nie
in dieselfde lig beoordeel word as die werklikhede van Rwanda, Burundi, Skotland of Oos-Europa
nie. Die internasionale erkenning van etnisiteit word ook baie duidelik onderstreep deur die
internasionale hof uitsprake t.o.v. van die etniese stryd in Kroasië, Serwië, Kosowa.
Die DA-jeug en ANC-medespelers se selektiewe beklemtoning van ras dui eerder op ´n politieke
opportunisme en herinner aan ´n vergange anti-apartheid ‘struggle’ mentaliteit.
Dat die DA-jeug op die wyse legitimiteit nastreef en stemvee werf dui op die ontoereikendheid van
die liberale ideologie wat die individu nie as deel van ´n unieke singewende gemeenskap ag nie,
maar slegs streef na ´n kollektief van enkelinge sonder enige kultuur-, volks-, taal-, godsdiens- of
ander bande.
Dié selektiewe omgang met die werklikheid is ook merkbaar in die selektiewe omgang met die
grondwet van Suid-Afrika, die verdringing en georkestreerde uitwissing van moedertaalonderrig en
Afrikaanse enkelmediumskole, verwydering van ‘straatname’ asook die ongebalanseerde beskrywing
en evaluering van die Suid-Afrikaanse se geskiedenis op skoolvlak en in die media.
Ons het opgemerk dat die DA in Kaapstad ook maar lustig straatname verander. Ons het ook nie
van enige ernstige beswaar teen verandering van dorpsname kennis geneem nie.
Tans beleef die Afrikanervolk dat slegs een diskoers opgedwing word nl. die sg.’ Struggle-narratief’.
Die doel hiervan is om ´n nuwe identiteit te skep.
Die AKB is oortuig dat die voorspoed en vooruitgang van Suid-Afrika alleen gedien kan word as die
diversiteit van die land se bevolking erken word en die unieke en ryke verskeidenheid van etniese
groepe ruimte gegun word.
Die DA-jeug en sy geesgenote se poging om die selfbeskikkingstrewe van Afrikaners te demoniseer
of as rassisme te etiketeer dra nie tot vreedsame naasbestaan by nie, inteendeel beskou AKB dit
niks meer as ´n uitdrukking van dubbele standaarde, ´n opportunistiese verskraling van die
werklikhede en ´n ideologiese getreursel.
Voorsitter: mnr. Theuns de Wet
Almal MOET die reg hê op eie ontwikkeling en as sulks gun ek die DA jeug om in Soweto te bly as hulle wil help met die opbou van ‘n geintegreede Suid Afrika. Ek hoop hulle trek gouer as later.
Ek kan die DA nie genoeg dank vir die wonderlikke werk wat hulle gedoen het om hulle self in die voet te skiet nie.
En verder kan ons Afrikaners nou met erens ons Selfbeskikkings idiaal in plek plaas.
Alle wêreld voorskrifte, reels en regulasies is aan ons kant, en dus wettig.
Al was dit nie eens in ons eie grondwet ingeskryf nie. Daar het nou genoeg tyd verbygegaan, en die regering het deurgaans geweier om met die VVK samesprekings op ‘n eerbare en vreedsame wyse te voer.
Dit is dus nou ons reg om eensydig met Selfbeskikkings planne voort te gaan.
Die res van die wêreld sal nie mag inmeng nie, aangesien ons op regte aanspraak maak wat deur hulle in plek geplaas is.
Die w6ereld sal ons ook nie daarmee help nie, en hulle beskou dit as ons eie huishoudelikke probleem wat ons sel sal moet oplos.
En dit is wat die Afrikaners nou gaan doen.
En wie gaan dit waag om ons met wat en wie te keer???
Ek sekondeer dit wat. Theuns, Arnold en Dirco kwytraak ten volle!
Wat ek nou graag sal wil weet is die volgende nl.:
waar kan ‘n mens ‘n landskaart opgespoor kry wat die 2.7miljoen hektaar wat die Zoeloes in ‘n Trust geplaas het (lsg. wat al reeds blykbaar in 1996 gestig is) en wat slegs vir die Zoeloes se gebruik is?
sluit hierdie gebiede ook die Tongaatvallei in wat slegs aan die Dunn-afstammelinge behoort?
is dit dalk die rede waarom onze Jacob ook nou ewe skielik in BOEDELS ens belangstel?
waarom hierdie inligting van ons en die bree publiek weerhou is? Dit kon al lankal deur dr. Mulder en van ons ander leiers aan ons bekend gemaak geword het, of hoe?
sal mnr. Koos van der Merwe miskien aan ons so ‘n gebiedskaart kan verskaf en sommer aan die Zoeloes ‘n verklarende woordeboek gee en in hul ore fluister dat ‘n reenboog sewe vaste kleure het wat nooit verander nie en nie ‘smarties’ is wat wegsmelt nie?
dink ene Pakama (September National Imbizo), onse Helen en ene Zuma nou regtigwaar dat hulle ‘n. ,nuwe nasie’ binne dekades kan vorm?
Dan is hulle voorwaar ‘smarter ‘ as almal wat dit in honderde dekades nooit reggekry het nie! Miskien moet hulle almal eers weer in biblioteke gaan ronddelwe ….
‘Cheers’ vir eers! Ek vra maar net!