Vyfster tronklewe


In sekere tronke van die land, is daar van die tronkvoëls wat ’n vyfster behandeling geniet.
Daar is van die tronkvoëls wat saans tot wie weet watter tyd konjak en whisky drink, hulle geniet DSTV mobiele stelsel om na sepies en sportgebeure te kyk.
Wie weet watter tyd van die nag maak hulle selfoon oproepe na bende maats en bespreek strategie en allerhande ander bedrywighede kry aandag.

Die heerlike lewe het bekend geword tydens parlementêre portefeulje vergaderings waar verslae oor die werksaamhede van Korrektiewe Dienste beantwoord is.

Delms en DStv stelsels word gemaklik ingesmokkel en niemand doen blykbaar iets daaraan om dit te bekamp of hok te slaan nie.

Meningsvormers sê dit verklaar ook waarom bendes nie bekommerd is as hulle lede in die tronk beland nie.
Wat egter meer kommerwekkend is, is dat dit ook ’n aansporing kan wees vir leeglêers om aktief betrokke te raak by moorde op blankes. Vir sulke mense is dit beter in die tronk as buite, word gesê.