VSA tans in 74 oorloë betrokke


Afgesien van die 74 lande is daar ook talle lande waarin daar “klandestiene operasies” plaasvind sonder dat die dit deur die kongres goedgekeur is en sonder dat die publiek daarvan bewus is.

Op al vyf van die kontinente vind daar Amerikaanse militêre operasies plaas. Amerika het ‘n sigbare teenwoordigheid in Bahrain, Djibouti, Turkeie, Qatar, Saoedi-Arabië, Kuweit, Irak, Afghanistan, Kosovo en Kyrgyzstan asook permanente basisse in Duitsland, Japan, Suid-Korea, Italië, en die VK. Sommige van die basisse, soos die een in Qatar akkomodeer 10 000 troepe en 120 vliegtuie.

Die Afrika bevel (AFRICOM) ondersteun tans 54 Afrikalande op militêre gebied. Volgens hulle is dit hulp om die nasies militêr weerbaar te maak.