VSA president besoek RSA


Barack Obama, die president van Amerika, sal die land besoek aan die einde van Junie vanjaar. Dit sal sy eerste ampsbesoek aan Suid-Afrika wees sedert hy president geword het.

Vandeesweek het die Withuis bekend gemaak dat hy ook Senegal en Tanzanië sal besoek maar nie Kenia toe gaan waar sy voorsate vandaan kom nie.

Die verklaring deur Obama se kantoor meld ook dat die presidentsvrou hom vergesel. Haar vorige besoek aan Suid-Afrika was in 2011.

Politieke waarnemers meen dat Obama se besoek daarop gemik is om die VSA se bande mert die ANC/SAKP regering te versterk omdat kommer bestaan dat die Zuma-regime se verhouding met Sjina al sterker word en invoere vandaar aansienlik toeneem.