Vrou getuig van haar verkragting


Anja Lessing het met ’n droewige en bewende stem in die hof vertel hoe sy vier keer deur twee swartes verkrag is in ’n nag van hel.

Anja is ’n geskeide vrou wat daardie nag van 17 November 2012 vier keer verkrag is deur twee inbrekers wat ook gedreig het om haar te vermoor as sy nie ophou skree nie.

Sy woon in Brandfort en werk in Bloemfontein. Die litteken aan haar lip vertel van die nag hoe sy met die vuis geslaan is voor sy verkrag is.

Nadat die twee verkragters weg is, kon sy haar los woel uit die vasgebinde posisie waarin sy gelaat is, en het die straat afgehardloop en om hulp geroep.
Sy is eers by die sesde woning gehelp en hospitaal toe geneem waarna ’n verklaring by die polisie afgelê is.

Die twee swartes, Benjamin Ntobela (30) en Martin Potlaki (28) word aangekla vir verkragting en poging tot moord aangesien hulle HIV positief is en dit reeds etlike jare het.