Volksmoord Projek2010 verslag – Aprilmaand was rooi


Die bestuur van Volksmoord-Projek2010 het bekend gemaak dat die moorde op blankes gedurende April 2013 kommerwekkend is.

Met die ter perse gaan van die berig, is 17 moorde reeds bevestig wat beteken dat meer as een persoon elke twee dae van die maand vermoor is.

Die bestuur het in ’n onderhoud met Die Vryburger sy kommer te kenne gegee oor die moontlikheid dat daar moorde mag plaasvind wat nie aan die bestuur bekend is nie.

Lesers word vriendelik versoek om moorde op volksgenote aan Die Vryburger te stuur wat sal toesien dat dit die bestuur van Volksmoord-Projek2010 bereik. Besoek gerus die webblad by www.projek2010.co.za