Voertsek wittes!


Dit is net so goed die Departement van Korrektiewe Dienste sê vir blanke mans: “Voertsek wittes”.

Wit mans gaan beslis nie in die volgende vyf jaar in dié Departement bevorder word nie, en ook nie aangestel word as nuwe werkers nie.

Dit is nie meer net ’n alledaagse indruk nie maar die harde werklikheid.

Solidariteit veg deesdae hard in die Wes-Kaap om die belange van veral sy Kleurling lede te beskerm wat ondermeer ook in diens is by Korrektiewe Dienste.