Vlieglarwes word menskos


Wetenskaplikes in Stellenbosch reken dat vlieglarwes vir hoendervoer ook mettertyd as stapelvoedsel vir mense aangewend word.

Voordat ons gril vir die nuwigheid moet ons dalk eers kennis neem van wat gedoen word, sê die navorsers.
Die slimkoppe aan die Universiteit Stellenbosch (US) en die veevoermaatskappy AgriProtein is tans besig met hul larwe-projek wat etlike maande gelede
die Innovasie-prys vir Afrika ontvang het vir hulle nuwe inisiatiewe. Dié navorsingsprojek het 902 ander projekte uitgestof en het ’n prysgeld van meer as R900,000 ontvang.

Hierdie buitengewone projek waar organiese voer, soos vlieglarwes wat op die afvalstof van voedsel fabrieke gevoer word, dien as proteïen in veevoer wat vir hoenders gevoer word in plek van vismeel. Varke kan ook gevoer word.

Dr. Elsje Pieterse van die US, het benadruk dat vlieglarwes gebruik word en nie vlieë nie.

Uiteindelik word die gevoerde hoenders ook op die winkelrakke aangebied.