Vlieëniers wil klag indien by VN


Die twaalf Suid-Afrikaanse vlieëniers wat in Namibië aangehou was, oorweeg nou om die land se owerheid te dagvaar vir onwettige inhegtenisneming.

Die vlieëniers voel dat die streng en wraaksugtige behandeling wat oor etlike dae voortgeduur het in die buusland, ongevraagd was

Die groep is blykbaar behoorlike behandeling volgens regsvoorskrifte geweier. Hulle is ook onwettig in hegtenis geneem en soos misdadigers behandel.

Weissenberg, die groep se woordvoerder, het gesê die groep sal ‘n klag indien by die VN se Ekonomiese en Maatskaplike Raad waar die internasionale burgerlugvaartorganisasie (ICAO) en internasionale lugvaartooreenkomste geadministreer word.

Die vlieëniers en agt passasiers het Suid-Afrika op 27 April verlaat vir ‘n 16 dae lange reis oor Botswana en Namibië en is op 4 Mei by die Ondangwa-lughawe in hegtenis geneem omdat hul vliegdokumente nie volledig was nie. Hulle is vroeg die volgende oggend eers vrygelaat.

Hulle het elk ‘n boete van R400 betaal, die korrekte dokumente verkry en Donderdag teruggekeer huis toe.
(Foto – die vlieëniers en hul passasiers)