Vir die Huisvrou – Tunatert


Goeie dag dames (en mans wat ook die liefde vir kos-maak deel).

Hierdie week het ons ‘n ander variasie van ‘n tunatert. Verlede week s’n was gemaak met noedels. Hierdie week se Tunatert het ‘n fyner tekstuur, omdat ons ekstra eiers en melk gebruik. Dien dit warm of koud op. Lekker eet!

Tunatert:
1 Ui
2 Blikkies fyn Tuna
2 Koppies Ceddar kaas
500ml melk
4 Eiers
50ml Meel
10ml Korrel mostert
5ml Worcestersous
Sout
Olie

Voorverhit die oond tot 180 grade.
Spuit ‘n reghoekige oondvaste glasbak met ‘n kleefweermiddel.
Braai die ui in olie in ‘n pan, gooi sout by na smaak. Plaas die gebraaide uie in ‘n oondvaste glasbak.
Meng die tuna en gerasperde kaas saam in ‘n mengbak, en gooi bo-oor die uie in die oondbak.
Klits die eiers, melk, meel, korrelmostert en worcestersous saam, en gooi bo-oor tuna-kaasmengsel in die oondbak.
Bak vir 45 minute, laat staan vir 15 minute voor dit gesny word. Bedien warm of koud.