Vir die huisvrou – Prego-Rolletjies


Goeie dag dames (en mans wat ook die liefde vir kos-maak deel).

Hierdie week het ons ‘n lekker vinnige resep wat mens oor die naweek kan geniet.

Vrydagaand Prego-Rolletjies
Marinade:
60 ml (1/4 k) Worcestershiresous
60 ml (1/4 k) Olyfolie
6 Knoffelhuisies, fyngedruk
2 Gekapte brandrissies
* Voeg die Worcestershiresous, olyfolie, fyngedrukte knoffelhuisies en gekapte brandrissies bymekaar en meng goed deur.

Steaks:
11 Sirloin-biefstuk, 1,5 cm dik
* Plaas die steaks in die Worcestershire marinade en laat staan vir ‘n rukkie.
* Braai die biefstukke tot bruin en gaar aan albei kante.

Uiemarmelade:
2 uie
30 ml (2 e) olie
100 ml Chilli Knoffel Sous (of enige na smaak)
* Braai die uie in die olie tot ligbruin en gaar. Voeg die sous (soos na smaak) by en roer deur.

Om voor te sit:
11 Portugese rolletjies
Roketblare (opsioneel)
* Bedien op geroosterde portugese rolletjies met roketblare (opsioneel).