Hein Boonzaaier, Martin Keevy, Johan Prinsloo en Mark Trollip het weer in die Landdroshof verskyn op aanklag dat hulle ’n aanslag op die lewens van ANC-leiers beplan het.
Die saak is in Maart uitgestel, nadat die Vervolgingsgesag versoek het om meer tyd te kry vir hul ondersoek.
Hulle is op 16 Desember 2012 in hegtenis geneem. Een van die redes was na bewering dat hulle beplan het om ‘n bom by die ANC-konferensie in Bloemfontein te plant om ANC-leiers te dood.
Boonzaaier is op R80,000 borgtog vrygelaat terwyl die ander drie verdagtes in polisie-aanhouding is.
My vraag is?
Boonzaaier is op R 80 000.00 borgtog vrygelaat…. Maar die BOM het NIE ontPlof!! nie.
Die ander 3 verdagtes is nog in polisie-aanhouding???
Daar loop wel van hierdie wrede MOORDENAARS! hier buite rond! wat op R300.00 borgtog vrygelaat is!??.. Hoe verstaan n mens die soort …………….?
Fiona, dankie vir jou besorgdheid. Ons almal vra daardie vrae. Hierdie manne is deur verraad aan die kaak gestel. Mag die Vader in die hemel gee dat ons eendag hierdie verraaiers op die lyf moet loop. Hulle moet weet dat daar werklik streng vrae aan hulle gestel sal word. Regte moordenaars stap skotvry. Watse land woon ons in?
Wie van hulle is die vrymesselaar wat die ander verkoop het? Miskien sal die loskom of staatsgetuie ‘gedraaide’ een in die toekoms ‘n aanduiding bied.
Die een dame (Miems die roosverkoper en vrou van die ontslape Doepie) wat al jare lank werk as polisie-informant (vir ene Laux), en op “regses” in Bloemfontein spioeneer, is op nasionale televisie (SAUK) gesien waar sy agter in die hofsaal gesit het tydens ‘n hofverskyning van die aangeklaagdes… waarskynlik om haar sg. pro-Boere profiel te versterk en/of om dop te hou watter “regse” persone die hofsitting bywoon. Wat ‘n tragedie!