Verkeersman skiet motoris dood


Ondersoek word gedoen na ’n voorval wat op die N1 hoofroete plaasgevind het toe ’n verkeersman blykbaar uit selfverdediging ’n motoris doodgeskiet het.

Die voorval het plaasgevind toe ene Kyle Weideman naby Brackenfell van die pad afgetrek is omdat die vermoede bestaan het dat hy onder die invloed van drank bestuur. Weideman het glo ’n dispuut gehad met die verkeersman en ’n mes uitgepluk om die verkeersman te takel.

Die verkeersman het blykbaar uit selfverdediging die kleurling, Weideman doodgeskiet.