Vanjaar gaan stakings die land lamlê


Suid-Afrika moet hom gereed maak vir ’n reeks stakings in talle sektore van die ekonomie.

Arbeidsonrus gaan na verwagting toeneem en kan selfs erger word as wat met Marikana-slagting en die Wes-Kaapse landbou stakings die geval was.

Kommer word uitgespreek oor die stakings wat in veral die mynwese en nywerheidsektore gaan plaasvind.

Sapa berig dat Kumba Iron Ore se afgedankte werkers by die National Union of Mineworkers (NUM) se hoofkwartiere is om te betoog in ’n poging om hulle werk terug te kry. Die honderde werkers wat deur vakbonde aangehits is om te staak, het hulle uiteindelik hulle werk gekos.

Hulle kla ook dat hulle weens die stakings hulle huise en besittings verloor het.

’n Woordvoerder van Oranje Sake Instituut het ’n beroep op sy sakekamers se lede gedoen om weereens die belangrikheid van volkseie arbeid in ag te neem wanneer mense in diens geneem word. Dit sal ’n aansienlike verskil maak wanneer die massas wil staak.

“Maak sommer seker dat die nuwe aanstellings wat gemaak word, nie mense is wat aan vakbonde behoort nie, wan die stakers is vakbons lede en hulle gaan vanjaar die land lamlê,” het hy gesê.