Unisa raak pateties


’n Groot aantal studente van Unisa is uiters geskok en ontevrede oor die swak handelinge wat tans deur Universiteit personeel toegepas word.

Studente het gal gebraak op Facebook en uitgevaar omdat hulle werkopdragte nie vóór die eksamens teruggekry is nie. Die gevolg is dat hulle nie weet hoe hulle gevaar het nie en waaraan hulle verdere aandag moet gee vir die eksamen nie.
Talle studente is radeloos en weet nie wat hulle te doen staan nie omdat die eksamens al begin het, maar nog geen eksamenrooster is beskikbaar nie.

Een student skryf: “Dit is die ergste semester ooit! Ek het eksamen begin skryf sonder ’n rooster. Julle het nie beplan nie. Dis ’n gemors.”

Ander studente is ook ontevrede omdat die Unisa-webblad ontoeganklik is weens instandhoudingswerk wat op die verkeerde tyd gedoen word.

’n Woordvoerder het aan Die Vryburger gesê dit laat die indruk dat universiteite nwt so pateties word as talle openbare skole reeds is.

As die tensens voortduur gaan dit Suid-Afrika nie net internasionaal kniehalter nie, maar dit gaan die land op sy knieë dwing, het hy gesê.