Ultra-konserwatiewes ruk Brittanje tot nadenke


Die ou en gevestigde Britse politieke partye Soos die Arbeiders en die Konserwatiewes het gewankel onder die aanslag van die kleiner UK Independence Party (UKIP) in die munisipale verkiesing.

Die uitslae toon dat die klein party meer as ’n kwart van die totale stemme gekry het. Die grootste steun het gekom uit die Konserwatiewe Party van Cameron.
KUPID is gestig in 1993 het het baie stadig gevorder. In die Parlementsverkiesing het hulle slegs 7% van die stemme gekry maar gevorder tot 16% in 2009.

In Noord-Engeland het die Arbeiders die setel met ’n verminderde meerderheid behou, met UKIP in die tweede plek.

UKIP het twee punte politieke strydpunte, naamlik om Brittanje uit die Europese Unie (EU) te haal en om immigrasie feitlik totaal en al te stop.

Soos dit deesdae wereldwyd beleef word, is KUPID ook deur die Tories sleg gemaak met uitlatings soos “mal mense, bedekte rassiste en narre”.

Nigel Farage, leier van UKIP, is verheug oor die goeie vordering wat gemaak is.

“Ons is deur almal uitgeskel, en nou is hulle geskok en uit die veld geslaan dat ons landwyd meer as 25% van die stemme kry. Dit is ’n ware keerpunt in die Britse politiek,” het Farage gesê.
Foto- KUPID leier Nigel Farage