Transnet se onverskillige plan


Transnet is verplig om sowat 550,000 ton asbes te verwyder van sy persele regoor Suid-Afrika.

Transnet hoofde het blykbaar besluit om die gevaarlike stof by De Aar te gaan begrawe.

Inwoners van die karoodorp is glad nie gediend met die onverskillige plan nie en maak nou ernstig beswaar daarteen.

Die Inwoners van De Aar voel die asbes kan mense, vee, wild en skaars voëlsoorte ernstig bedreig.

Kenners is van mening dat daar talle ander gebiede is waar die gevaarlik stof begrawe kan word.

Die verwydering van asbes op Transnet persele is n noodsaaklike stap om n beter gesondheidstoestand vir mense te skep wat elke dag op die persele werksaam is.