Danie Nel (25) van Bloemfontein het saam met vriende gaan jag. Dit was sy eerste jaggeleentheid en hy was baie opgewonde.
Toe skiet Danie twee bokke met een skoot!
“Hy seq hy kon dit nie glo nie. Hy het op 120 meter met ’n .308-jaggeweer korte mette gemaak met die blesbok én ‘n rooihartbees.
“Ons was agter die blesbok aan en toe sien ek die rooihartbees. Ek het gewag tott die bok haar kop draai en toe geskiet.”
Danie sê hulle verbasing was groot toe hy by die bok kom en die blesbok ook lê.
Hy het die rooihartbees agter die oor getref en dieselfde koeël het die blesbok deurboor. Albei morsdood.
Danie reken die liedjie oor die twee buffels se woorde het waarheid geword en die plaas waar hulle gejag het in die Boshof-distrik, kan nou na Tweebokkemeteenskootmorsdoodgeskietfontein herdoop word.
Geluk Danie! Jy kan bly wees die “tweede een” was nie die boer se brahmaan nie!
Daar is vele lekker jagstories in ons geledere, wat jammerlik verlore gaan. Kom ons vergeet vir ‘n oomblik al die ‘sleg’ waaraan ons daagliks blootgestel word en deel van hierdie stories met mekaar!
Danie, ek het 105 jaar gelede, toe ek nog so ‘n bietjie nat agter die ore was, een dag saam met Pa drie van die grootes met my .22 op ‘Nbuffelennleeuennolifantmeteenskootmorsdoodgeskietvlakte platgetrek.
Maar ek is maar ‘n beskeie outjie wat nie veel daarmee te spog loop nie.
Groetnis.
Oom Sarel Waarheidoraat.