Toe is dit Gupta-apartheid by Sun City


Net blanke vroue wat al langer as vyf jaar weg is by Sun City se spa-afdeling, is terug geroep om die Gupta-gaste te bedien. Hulle is versoek om vir die week diens te doen terwille van die Gupta gaste uit Indie.

Eenvan die werkers in die spa-afdeling het glo gese sy vind dit vreemd dat daar slegs van witmense gebruik gemaak is in die spa’s.

Sy het ook verwys na die voertuig bestuurders waarin die gaste vir die troue gery het wat almal blankes was.
.
“By ander groot gesellighede is daar altyd ’n mengsel van swart en wit bestuurders, het sy opgemerk.

Sy het glo nie een swart bestuurder gesien nie en het gesien die gaste wou nie deur swart kelners bedien word nie en het aanspraak gemaak op blanke kelners.

’n Cosatu-woordvoerder in Wes-Transvaal het gesê die vakbond het verskeie klagtes ontvang dat die gaste nie bedien wou wees deur swart kelners nie en het glo aangedring op blanke kelners.

Intussen het die bestuur van die dobbelhuis dit ontken dat die Gupta familie en hul gaste aangedring het op blanke dienslewering.

n Politieke waarnemer het gesê dit herinner aan die opmerking van Japanese reisigers wat besluit het om nie meer van SAA se lugdiens gebruik te maak nie aangesien die swart kelners in hulle neuse krap terwyl hulle die passasiers bedien.