Terroriste vermoor bekende sakeman


Mnr. Johann Janse van Rensburg (57), ’n alombekende sakeman van Rustenburg is verlede Saterdag by sy woonhuis doodgeskiet tydens ’n terroriste aanval.

Ses gewapende terroriste het Johann en sy vrou, Sandra, in hul huis in Safari Tuine oorval.

Die egpaar het blykbaar in ’n stadium probeer om weg te vlug van die terroriste, het ’n polisiewoordvoerder gesê.

Die terroriste het verby die kombuisvenster beweeg, en een het van buite die huis op hulle geskiet. Johann is in die kop getref.
San-dra is met ’n vuurwapen aangerand en het erge beserings aan haar oog en voorhoof opgedoen.
Die terroriste het gevlug toe bure kom vasstel het oor wat aan die gang is.

Enigiemand met inligting bel na die polisie by 082 772 9763.