Terroriste vasgetrek in Wes-Transvaal


’n Boer van Delareyville in Wes-Transvaal het twee plaasaanvallers in die agterstewe geskiet nadat hulle ’n bejaarde man en sy vrou aangerand en beroof het.

Talle boere en die polisie was vinnig in die omgewing waar John (70) en Annatjie Nelson (57) deur vier terroriste aangeval is.

Annatjie het tydens die aanval ontsnap uit die plek waar hulle haar gevange gehou het en alarm gemaak by die bure. Een buurman wat op ’n noodoproep gereageer het, het blitsig gereageer en heel gou by die Nelsons se huis opgedaag.

Die vier terroriste was toe net aan die vlug met rugsakke vol buit. Hy het twee terroriste in die sitvlak geskiet sodat hulle spoedig daarna gevang kon word.

Boere het die derde terroris in die veld vasgekeer en die polisie het die vierde een in hegtenis geneem waar die parate boere hom omsingel het.

Al vier die terroriste sal eersdaags in die hof verskyn.