Terroriste skiet jongman


Vier terroriste het verlede week mnr. Morne Nel (32) by sy woonhuis oorval en in die teenwoordigheid van sy jong kinders en sy meisie doodgeskiet.

Mnr. Nel woon op ’n kleinhoewe by Muldersdrift.

Die wrede aanval het verlede Donderdag plaasgevind in die omgewing Bultfontein kleinhoewes om 7.00 nm.

Nadat hulle mnr. Nel geskiet het, het hulle op die vlug geslaan met sy skootrekenaar.