Swart vakbond krepeer


Werkersdag, 1 Mei, moes ’n dag vol klinkende oorwinnings vir die ANC gewees het, maar dit is toe nie.

Cyril Ramaphosa is deur die ANC aangewys om die hoofrede te voer by die Rustenburg se sokkerstadion wat meer as 40,000 sitplekke het en in n myngebied waar meer as 200,000 swart mynwerkers werk en woon.

Toe daag daar sowat 1,000 swartes op om te luister na die toespraak van die toekomstige president van die land, en ook van die ANC.

Die gewilde spreker het toe die boodskap gekry. Dit is nie net die ANC wat kwyn nie, dit is ook sekere vakbonde soos NUM wat mynwerkers verteenwoordig, wat kwyn.

Alles is blykbaar toe te skryf aan die Marikana-slagting met die onsuksesvolle staking vir beter lone wat daartoe gelei het dat derduisende mynwerkers uiteindelik hulle werk verloor het.