Swak wetstoepassing op paaie


Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het lande se verkeerswette en die toepassing van verskeie pad wette gemeet en ’n punt tussen 0 en 10 gegee. Nul beteken swak toepassing.

Wetstoepassers is baie ondoeltreffend met beheer oor die dra van sitplekgordels en die veilige vervoer van kinders. Suid-Afrika het in die afdeling slegs een punt uit tien gekry.

WGO het ook bevind dat slegs 59% van bestuurders en hoogstens 7% van passasiers in die voorste sitplek van voertuie sitplekgordels gebruik.
Slegs 8% gebruik gordels op die agtersitplek.

Wetstoepassers kry slegs twee uit tien vir die toepassing van die wette op dronkbestuur en ’n skrale drie punte vir die wet op snelheidsperke.

Waarnemers is van mening dat dit een van die hoofredes is waarom die land se paaie onveilig is vir enige wetsgehoorsame padgebruiker.