Suid-Afrikaanse boere al meer in aanvraag


Eers moes Jan van Riebeeck ’n verversingspos aan die Kaap vestig om verbygaande skepe uit Europa van vars voedsel te voorsien. Nou moet daardie pioniers se nasate weer na Europa en elders in die wereld gaan help om volke en nasies te leer hoe om te boer.

Wat waarskynlik die grootste dam in Wes-Europa sal wees, word noordoos van die dorp Beja in Portugal gebou.

En daaruit gaan besproeiing gedoen word – en daarom benodig Portugal die hulp van Suid-Afrikaanse boere, aldus Dirk Hanekom van Agri SA.

.’n Afvaardiging van Agri SA sal Portugal binnekort besoek.

Suid-Afrikaanse boere word al meer deur lande regoor die wereld gelok weens hulle kennis van landbou in die algemeen.

Byna ’n 1000 boere het belange in Mosambiek en talle lede van TLU SA boer ook in Georgië in Oos-Europa.