Die Suid-Afrikaanse staatsdiens is onder ANC-bewind besig om abnormaal vinnig te groei en het reeds buitengewone afmetings aangeneem.
Die land het nou 67 ministers en 159 direkteurs-generaal. Voor die ANC die land ontvang het, was daar slegs 18 ministers, 6 adjunkministers en 18 direkteurs-generaal.
Aldus ’n woordvoerder van die VF Plus.
Dit bring mee dat die regering miljoene Rand spandeer om ‘n groot, lomp staatsdiens aan die gang te hou wat selfs groter is as dié van Amerika.
Amerika, met ‘n bevolking van 313 miljoen mense wat ses keer meer as Suid-Afrika is. In Desember 2011 het die land ongeveer 2,8 miljoen staatsamptenare op federale vlak gehad. Dit sluit 600,000 poskantoorwerkers in. Dit is minder as Suid-Afrika se huidige staatsdiens.
Kenia het hul staatsdiens verklein deur die ministers van 42 tot 18 te verminder.
Suid-Afrika het tans 34 ministers, 33 adjunkministers, 159 direkteurs-generaal, 642 adjunk direkteurs-generaal, 2,501 hoofdirekteure en 7,782 direkteure volgens die ministers. Dit impliseer dat elke minister gemiddeld 4,67 direkteurs-generaal, 19 adjunk direkteurs-generaals, 74 hoofdirekteure en 229 direkteure het om hulle in die uitvoering van hul werk by te staan.
Net in die afgelope kwartaal is 44,000 meer staatsamptenare aangestel. Dit het die getal staatsdienswerkers laat toeneem na 3,072 miljoen of 22.6% van die totale werksmag in Suid-Afrika.
Politieke waarnemers sê dit is ’n duidelike teken dat die land besig is om ’n algehele kommunistiese bestuurstyl te ontwikkel. Die regering skep steeds meer poste in die staatsdiens. Dit word gedoen terwyl daar nog duisende poste vakant is.
Goeiedag Boere,
In die natuur kry jy ‘n parasitiese plant met die naam ‘Dodder’. Sy saadjies is klein en word maklik versprei deur voels.
Sodra Dodder-saad ontkiem heg die worteltjies hom aan enige prooi-plant en suig die plantsap sommer uit die bas van die takke waarop dit ontkiem. Die tempo waarteen die Dodder begin rank en oor die hele prooi-plant versprei is merkwaardig. Sy geel ranke oortrek daardie plant binne ‘n paar dae en oral word nuwe worteltjies in die takke en selfs blare van die prooi-plant ingeboor en die lewensap uitgesuig. Sodra die prooi-plant begin kwyn, verskyn die Dodder se blommetjies en sy saadjies word ook baie vinnig bevrug en versprei.
Gelukkig gebeur dit somtyds ook dat die prooi-plant vinniger sterf as wat die nuwe Dodder-saad bevrug kan word, dan vrek die Dodder sonder dat sy nageslag kon versprei.
Dalk moet ons hoop dat die parasiete in die Staatsdiens die hele spul so vinnig leegsteel, dat hulle saam met hom kan vrek nog voordat hulle kan saadskiet en ‘n volgende geslag op ons aflaai.
Boeregroete,
DuP
DuP,die hele swart afrika is “Doodders”!Dit lyk vir my soos een spesie……….
DuP, ek het soms my dae met dodder. My opdrag is dat die parasiet asook gasheer sonder verwyl uitgetrek en verbrand word. Dit is waar, die fyn saadjie versprei ongelooflik vinnig en ver. Merkwaardig die ooreenstemming met ander parasiete wat ons om die dood nie kan of mag uitroei nie.