Naledi Pandor, die Minister van Binnelandse Sake is ontevrede omdat die Britte visumvereistes aan Suid-Afrikaanse besoekers gestel het.
Sy het verlede week verklaar dat dit nou tyd geword het dat Suid-Afrika die Engelse in eie munt moet terug betaal.
’n Kenner van toerisme, mnr. Martin van Niekerk van Pretoria meen egter dat Suid-Afrika homself in die voet skiet as hy Britte gaan verplig om visums te kry wanneer hulle Suid-Afrika wil besoek.
Brittanje het vier jaar gelede aangekondig dat alle Suid-Afrikaanse besoekers visums moet kry weens die grootskaalse vervalsing van Suid-Afrikaanse paspoorte.
Foto- Minister Pandor
Nuutste kommentaar