Stropers betrap in Wildtuin


Een renosterstroper is gewond in ‘n skietgeveg toe veldwagters in die Pretoriuskop-gebied die stropers betrap het.

Twee stropers is uiteindelik gevang waarvan die een gewond is. ’n Derde stroper het ontvlug.

Die stropers het ‘n .458-geweer, ammunisie, ‘n byl en ‘n mes in hul besit gehad.

Die twee skurke sal Donderdag in die Witrivier-landdroshof verskyn.