Stilweg berusting gevind


Die voormalige polisiekolonel, Anton Crafford, sê die spook van die Botes egpaar se vermoorde baba Wiehan is nou uit sy sisteem en die pienk voetjies van hul nuwe tweeling-boetie en sussie het die leemte gevul.

“Ek het nou vrede en berusting in my hart,” sê die oud-kolonel wat die Botes egpaar besonder sterk ondersteun en bygestaan het in hulle uur van droefheid.

Wiehan en sy dagmoeder, Margrietha de Goede (66), is ’n jaar gelede by Wiets en Rita Botes se huis in Delmas vermoor.

Die egpaar het kort na hul seuntjie vermoor is, aangekondig dat sy weer verwag. Intussen is die egpaar ryklik geseën met ’n tweeling.

Die Volksraad Verkiesing Kommissie (VVK) is na aanleiding van die gruwelike moord, op 18 Julie 2012 deur die “South African Human Rights Commission” in kennis gestel dat laasgenoemde ‘n klag teen die VVK ondersoek wat deur die vêr linkse DA teen die VVK gelê is.

In die klag beweer die DA dat die VVK “opruiende slagspreuke” tydens ‘n protes-mars vertoon het, wat sogenaamd “teen Swart Suid-Afrikaners diskrimineer en onbestaanbaar met die land se Grondwet is”.

Die vals aanklag het toe niks opgelewer nie behalwe om in die DA se gesig te ontplof.