Die bestuur van Oranje Sake Instituut het in ’n persverklaring dit duidelik gestel dat daar met kommer kennis geneem word van die toenemende neiging tot stakings wat dikwels gepaard gaan met gewelddadige optrede.
Waar Suid-Afrika bekend gestaan het vir sy stabiele en staking-vrye handel- en nywerheid sektor, het die winde van verandering ingetree en word die land nou ’n onstabiele en wisselvallige handelsvennoot vir enige ander land.
Die groot stakings by myne, opgevolg deur landbou werkers se staking in die Wes-Kaap was duidelik ’n voorloper tot groter stakings wat nou beplan word deur vakbonde. Dit skep die indruk dat vakbonde slegs hulle lede kan behou deur voortdurend groter eise te stel waaraan werkgewers nie kan voldoen nie.
Die voorneme van vakbonde om vanjaar op ’n ongekende skaal te staak vir beter lone en groter voordele sal lei tot nog groter werkloosheid soos wat gebeur het in die mynsektor asook in die plaaswerkers se geval waar duisende mense reeds hul werk verloor het weens die onbekostigbaarheid vir werkgewers om aan vakbonde se onrealistiese eise te voldoen.
Die stakings, en veral die onwettige stakings, is tot geeneen van die betrokke partye se voordeel nie en is ’n seker resep om die land se ekonomie verder te benadeel.
Die bestuur van Oranje Sake Instituut doen derhalwe ’n beroep op sy lede om weereens te kyk na aanstelling van personeel om te konsentreer op die indiensneming van volkseie mense wat minder neig tot stakings en lidmaatskap van vakbonde vermy wat gewildheid najaag ongeag die gevolge daarvan op die land se ekonomie.
Toe daar aan die woordvoerder van die stakers by die onvoltooide Medupi kragstasie gevra is of hulle nie die land se ekonomie benadeel nie, het hy gevra: wie se land? En dit is nou die land wat die Afrikaners van hulle gesteel het!
Jare terug al toe destydse Minister van Arbeid Fanie Botha werkers-unies ingehuldig het, het ek vir my kollega’s gese dit is ‘n fatale fout! Hoekom ? omdat Brittanje probleme met arbeidstakings gehad het en ons spring in dieselfde vuur. Die hedendaagse Suid-Afrikaners wil net KRY KRY KRY VERNIET. In my estimasie met die platina-stakings, Bupta-gate en Zuma en sy ministers uitlatings oor alle spektrums heen dat hierdie land ‘n ” Banana Republic ” is!! Ja ons is op die pad na “disaster”!!!