Die Staatsdiens se soustrein waarop staatsamptenare die afgelope twintig jaar so lekker ry, gaan glo met nuwe wetgewing tot stilstand geruk word.
Staatsamptenare sal nie net verbied word om met die staat sake te doen nie. Waar dit wel plaasvind,
Is die tronk hulle voorland.
Daarby gaan die staatsdiens ook in die volgende jaar, sonder onnodige personeel verminderings, drasties verklein word.
Lindiwe Sisulu, minister vir die staatsdiens en administrasie, het in haar begrotingsrede behoorlik die sweep oor korrupsie in die staatsdiens geklap.
Die staatsdiens gaan egter nie verklein word deur personeel af te dank nie. Vakante poste in die staatsdiens word afgeskaf en daarmee word R6 miljard uit die begroting gehaal.
Waarnemers meen egter dat dit nie n beduidende verskil sal maak nie aangesien dit in wese geen verkleining van die staatsdiens is nie.
Daar is ook geen wesenlike besparing nie aangesien die R6 miljard slegs n begrote syfer is, word gesê.
(Foto – Lindiwe Sisulu)
Hierdie klomp twak het ek gister gelees en wou kommentaar lewer maar myself bedink. Toe ek dit nou weer sien kon ek beswaarlik terugsit!
As oud amptenaar van nagenoeg 35 jaar (en Werkstudiebeampte) die volgende:
‘n Organisasie word geskep om ‘n bepaalde funksie uit te voer. Skaf vakante poste af en die organisasie kan nie sy funksie uitvoer nie en hy kan nie sy doel bereik nie. So eenvoedig soos dit!
Die afskaffing van vakante poste bring NIE ‘n besparing mee nie!!. Die vulling daarvan is weliswaar ‘n uitgawe! Poste afskaffing is nie ‘n metode van besparing nie, bygesê, as die oorspronklike skepping daarvan in lyn met bestaande behoeftes was.
Dit gaan die verstand te bowe hoe hierdie dwase met die openbare sektor op alle vlakke omgaan. Die skrif is aan die muur! Dit is net ‘n kwessie van tyd!