Staatsdiens lewer swak diens


Suid-Afrika se staatsdiens het sowat 300,000 vakante poste.

Die poste wat vakant is, word in die nasionale én provinsiale departemente ondervind.

Die feit dat die staatsdiens volgens dr. Corné Mulder, VF Plus se LP onrusbarend en abnormaal vinnig groei, dui daarop dat iets verkeerd is.

Lindiwe Sisulu, die Minister vir Staatsdiens en Administrasie, sê daar is sedert 2011 slegs 297,310 vakante poste.
Sisulu sê die ministerie werk hard daaraan om al die poste gevul te kry.

Politieke waarnemers meen egter dat dit uiters vreemd is dat daar so baie vakante poste in die staatsdiens is terwyl sogenaamde “affirmative action” toegepas word om blankes uit werke te probeer hou en selfs in baie gevalle onkundige swartes in poste aanstel.

Die oneffektiewe werking van die staatsdiens op alle vlakke getuig van twee foute, naamlik dat daar te veel vakante poste is omdat blankes nie vir die poste oorweeg word nie, en tweedens is die diens swak omdat daar ’n ernstige tekort aan bekwame werkers is, sê ’n woordvoerder van Oranje Sake Instituut.

As die staat se personeelkorps steeds groei terwyl bestaande vakante poste nie gevul word nie, is daar iewers groot fout, het hy gesê.

Dr. Mulder het onlangs gesê die Suid-Afrikaanse staatsdiens groei abnormaal vinnig. Hy sê tans is daar 67 ministers en 159 direkteurs-generaal en veertig jaar gelede was daar slegs 18 ministers en 18 direkteurs-generaal.