Speurder geskiet deur terroris


Polisiespeurder Deon Jardim (31) is voor sy twee pragtige klein dogtertjies deur n terroris vlak buite sy huis in Pietersburg geskiet. Die .38 rewolwerkoeël het sy hart net-net gemis,.

Deon het egter gereageer en die terroris neergevel met vyf skote deaf te vuur om seker te maak dat hy homself en ook sy twee kinders beveilig.

Hy is kort daarna opgeneem in die Mediclinic-hospitaal.

’n Kleiner deel van die koeël sit steeds in sy bors vas. Die koeëlpunt sit nog vas in sy regterskouer en dit veroorsaak dat hy nie gevoel in twee vingers het nie.

Dokters sê dit is te gevaarlik om dit nou te verwyder.

Deon was in die oprit by die huis besig om die kinders gereed te kry vir die kleuterskool toe drie swartes uit die niet verskyn het.

Die een het n pistool op hom gerig en toe hy sien Deon dra n dienspistool, hom in die bors geskiet waarop Deon geantwoord het.

“Ons was 2 m van mekaar af. Ek het my pistool uitgepluk en teruggeskiet. Ek het ses skote afgevuur en vyf het hom getref.”

Die ander twee terroriste het weggehardloop.