Die pas afgelope naweek het Somaliland die 22ste herdenking van hulle onafhanklikheid van Somalië gevier.
Somaliland, of amptelik “Republiek van Somaliland”, is ‘n de facto selfregerende gebied wat grens aan die noordweste van Somalië in die Horing van Afrika. Somaliland poog reeds sedert 1991 om as onafhanklike staat erken te word. Die regering van Somaliland beskou hulself as die erfgenaamstaat van die ‘Brits Somaliland Protektoraat’ wat op 26 Junie 1960 hul onafhanklikheid van Brittanje ontvang het, nl. die “Staat van Somaliland”, alvorens hulle op 1 Julie 1960 ingelyf was onder die “Trust Gebied van Somalië” oftewel die vorige ‘Italianse Somaliland’, ‘n eenheidstaat wat sedert 1 Julie 1960 bekend staan as die “Somali Demokratiese Republiek”.
Anders as die suidelike dele van Somalië, beskik Somaliland oor ‘n werkende regering, en ‘n groot mate van wet en orde. Ondanks Somaliland se relatiewe sukses, word die gebied nog nie deur enige ander land as staat erken nie. Somaliland het hulself eensydig onhanklik verklaar nadat die regering in Somalië in duie gestort het.
Somaliland Grens aan Etihopië in die Suid-weste, Djibouti in die Noord-weste, die Golf van Aden aan sy Noordestrand en die outonome “Puntland” gebied van Somalië on die Ooste.
In 1988 het die regering van die militêre diktator Mohamed Siad Barre ‘n volksmoord op die inwoners van Somaliland gepleeg, waarop die Somaliese burgeroorlog gevolg het. Siad Barre het in 1969 met ‘n staatsgreep en militêre ondersteuning uit Sjina aan bewind gekom. Daardie oorlog het die ekonomiese en militêre infrastruktuur van die eenheidstaat bykaans totaal vernietig. Na die ineenstorting van die sentrale regering in 1991 het die gebiedsowerheid gelei deur die Somali Nasionale Beweging (SNM) hulself op 18 Mei 1991 onafhanklik verklaar van die res van Somalië.
Hargeisa is die hoofstad en grootste stad. Somaliland het ‘n oppervlakte van 137 600 km² en 3 500 000 inwoners in 2006 gehad.
Somaliland was al sedert die 1500’s onder die Ottoman Dinastie onder Moslem beheer. Daar is sedert 2003 ‘n konflik tussen Puntland en Somaliland oor die toekoms van Somalië.
Alhoewel daar informele bande met sekere buitelandse regerings gehou word, en Etiopië ‘n handels-kantoor in Hargeisa handhaaf, is die self-verklaarde onafhankliheid na 22 jaar steeds deur geen internasionale staat erken nie.
Goeiedag Boere,
Ek dink in hierdie berig lê meer as een les vir ons volk opgesluit.
1. Hierdie mense het vanuit ‘n totaal disfunksionele staat, vir hulle self ‘n outonome staat geskep, waarbinne hulle al vir 22 jaar hulself regeer.
2. Alhoewel hulle steeds geen internasionale erkenning het nie, het dit hulle nie afgeskrik om eensydig onafhanklikheid te verklaar nie.
3. Volgens internasionale terme is die Somalies ‘n volk, want hulle praat almal dieselfde taal, meeste behoort aan dieselfde geloof (Islam), almal kom uit dieselfde etniese groep (half Arabies/half swart), hulle het ‘n eie grondgebied.
4. Omdat hulle ‘n gemeenskaplike doelwit gehad het (onafhanklikheid) kon hulle hul eie wette handhaaf, met die gevolg dat hulle ‘n “groot mate van wet en orde” handhaaf, en ‘n “werkende regering” kon saamstel.
Vergelyk nou die Boerevolk se situasie.
1. Ons handhaaf onsself reeds vir 20 jaar in ‘n disfunksionele staat waarbinne ons steeds meer afhanklik en verslaaf raak. Hulle kon alleen daarop roem dat hulle in die verelede vir slegs 4 volle dae onafhanklik was, ons het twee internasionaal erkende Boererepublieke besit vir byna twintig jaar.
2. Hierdie punt word telkens deur talle doemprofete soos ‘n berg aan ons voorgehou.
3. Daar is geen twyfel daaroor dat die Boerevolk al vir 175 jaar lank ‘n volk in eie reg was.
4. As die Boerevolk ons nie twintig jaar gelede ‘n rat voor die oë laat draai het deur die versoenende Afrikaners wat tog so graag hierdie land wil laat werk nie, kon ons toe al na ‘n gemeenskaplike doelwit van afstigting beweeg het, en ontslae geraak het van al wat parasiet is wat tans om ons nekke hang.
Boeregroete,
DuP