Skooldogter raak weg by skool


Polisiebeamptes ondersoek ’n saak van moontlike ontvoering nadat hulle aanvanklik net na ’n vermiste persoon gesoek het.

Joyline het van die terrein van Hoërskool Hercules, in Pretoria-Wes, verdwyn.

Die aangeleentheid is oorgeplaas na die polisie se kinderbeskermingseenheid.

Sers. Christo von Mollendorff sê die dogter was die oggend by die skool, was teenwoordig met die aanteken van die register, en haar maats het haar nog gesien by een van die periodes.

Daar is egter twyfel of sy nie self verdwyn het nie, maar die Pretorius-egpaar meen sy is nie ‘n kind wat dit sal doen nie.

“Ek wil net hê sy moet huis toe kom. Dis my kind, Ons bid en vertrou op die Here dat sy veilig is,” het Pretorius gesê.
(Foto – Hercules rekenaarlokaal)