Skool brandskade sowat R12 miljoen


Die Holy Family College in Parktown, Johannesburg, is gedeeltelik in puin gelê deur n brand en die skade daaraan verbonde beloop sowat R12 miljoen.
Die skool is in 1905 ingewy en die afgebrande deel is in 1934 aangebou.
Die brand het blykbaar gisteraand omstreeks 20:30 op onverklaarbare wyse ontstaan aan die agterkant van die skoolsaal.

Die skoolhoof, Mark Potterson, sê ‘n aantal klaskamers en die skoolsaal is vernietig.

Van die leerlinge is by ander klaskamers ingedeel terwyl ander saam met onderwysers, met die hande in die hare sit want boeke en ander leer materiaal is vernietig in die brand.