Skoenlappers “drink” skilpaaie se trane.


Terwyl ‘n paar Geelgevlekte Rivierskilpaaie in die son gebak het, het ‘n swerm skoenlappers hulle “trane gedrink.”

Die foto is in die Amazone geneem. Sommige waarnemers is van mening dat die skoenlappers die skilpaaie se oë skoon hou. Wetenskaplikes beweer egter dat die skoenlappers agter die souterigheid van die trane is.