Sindikaat beroof MTN


‘n Immigrant van Letland is in hegtenis geneem nadat hy die selfoon maatskappy MTN uit lugtyd bedrieg het ter waarde van R5 miljoen. Hy is deur die Valke uitgevang.

Die man wie se naam nog nie bekend gemaak is nie, is aan die Wes-Rand in hegtenis geneem ná ‘n omvattende ondersoek in samewerking met MTN.

Die 34-jarige man het na bewering MTN se stelsel binne gedring. Hy het van ses verskillende rekenaars gebruik gemaak om die misdaad te pleeg. Ander gesofistikeerde elektroniese toerusting is ook gebruik. Beslag sal gelê word op die toerusting.

Dit word vermoed dat ’n sindikaat met die bedrog besig is en dat die man slegs een is van ’n aantal ander persone.