SAPD vra skenkings


Die Suid-Afrikaanse Polisie Diens vra skenkings van honde omdat sy eie teel-sentrum nie genoeg honde vir opleiding kan verskaf nie.
Die oproep is gedoen deur lt.kol. Piet Rossouw, Provinsiale Bevelvoerder van die Honde-eenheid.

Volgens hom teel die polisie se honde-afdeling self ook honde, maar die eenheid het nie die ideale omstandighede daarvoor nie.

Honde wat uitermatig geskik is vir opleiding is Duitse herdershonde, Belgiese herdershonde, skaaphonde, labrador, rottweilers en cocker-spanjoel.
Die honde word aanvanklik as patrolliehonde opgelei en word dan gebruik vir spoorsny en die aanhouding van verdagtes.

Daarna word die honde vir opspoor van springstof opgelei.

Honde word ook opgelei om dwelms op te spoor en selfs reddingswerk te doen.

Foto – polisiehond by sy hanteerder