SAPD staar eise in die gesig


’n Sakeman, mnr. Herman Nell (39) word deur kenners uitewys as iemand wat aan tien fobiese versteurings ly nadat hy blykbaar wederegtelik deur die polisie aangehou is en omdat daar pogings was om hom te verkrag.

Herman Nell is van Pretoria, wat “geskok is in die waardestelsel van uniformdraers, en eis nou altesaam R400,000 van die Minister van Polisie in die hooggeregshof van Pretoria.

Luidens ’n mediese verslag voor die hof, wat in Maart vanjaar opgestel is, vermy en vrees hy “uniform draers”. Hy het nou ’n algehele wantroue in enige vorm van beskermingsdienste van wee die ervarings wat hy beleef het.
Herman is wedereglik in hegtenis geneem deur polisie by die Hartbeespoort omgewing.

Volgens Nell se hofstukke is die aanklag van diefstal van sowat R15,000 se hout asook ’n alternatiewe aanklag van wreedheid teenoor diere in die Brits-landdroshof teruggetrek. Nieteenstaande die feite is hy in hegtenis geneem deur polisiebeamptes.