SAPD kry dalk R46 m eis teen hom


Die eis van mnr. Fred van der Vyver teen die SAPD is besig om verder te verdiep.

Hy eis R46 miljoen van die polisie weens kwaadwillige vervolging op die moord van die Matie-student Inge Lotz in 2005.

Van der Vyver het nou ’n spesiale aansoek by hoofregter Mogoeng Mogoeng ingedien. Hy vra verlof om te antwoord in reaksie op ’n verklaring wat die polisie onlangs by Mogoeng ingedien het.

Van der Vyver het by Mogoeng aansoek om appèl gedoen.
Hy sê “onjuiste en verkeerde” feite is deur die polisie in sy verklaring aangeteken.
“Ek behoort die ware feite voor die hof te plaas. Dit is in die belang van geregtigheid dat hierdie hof ’n besluit neem wat gegrond is op die ware feite.”

Dié verkeerde feite in die polisie se verklaring is volgens Van der Vyver “opsetlik vals en leuenagtige” getuienis van polisiebeamptes gedurende die verhoor.

Mogoeng sal besluit of hy Van der Vyver se appèlaansoek tot by mondelinge betoog gaan toelaat.