Die hof het in Saoedi-Arabië twee mans met tronkstraf en lyfstraf gevonnis omdat hulle ‘n vrou tot Christenskap bekeer het.
Die een man het haar ook gehelp om landuit te vlug aangesien die koninkryk nie toelaat dat Moslems van die land die Christengeloof aanvaar nie.
‘n Libanees is ses jaar tronkstraf gevonnis plus 300 houe slae omdat hy die vrou bekeer het.
‘n Man van Saoedi-Arabië is vir twee jaar tronk toe gestuur plus 200 houe omdat hy haar gehelp het om oorsee te vlug.
Die twee het bekend gemaak dat hulle appèl teen hul vonnisse sal aanteken.
In Saoedi-Arabië, die geboorteplek van Islam, is dit teen die wet vir Moslems om hul geloof op te gee.
Hulle is van die duiwel. Rushdi was reg in sy boek “Satanic Verses”
Laat dit nou ‘n les vir Suid-Afrikaners wees. Moet nooit ooit droom van ‘n besoek aan daardie land nie. Honderde Europese meisies word elke jaar verlief op Moslem-mans. Hulle trou dan met hulle sonder om huiswerk te doen. As hulle eers daar gaan vakansie hou het, besef hulle dat hulle ‘n fout gemaak het, maar dan is dit te laat. Die Moslem-mans sorg dan dat hul blonde Europese bruide nie weer die land kan verlaat nie. Enige poging om die land te verlaat, of om van hul Moslem-mans te skei, word met brute geweld onderdruk. Volgens die Moslemwette het vroue geen regte nie. Dit sal dus niks help om ontsnapplanne te beraam nie. Mans mag hul vroue aanrand, en sy kan niks daaraan doen nie. Wees dus gewaarsku, aantreklike vroue is dikwels die slagoffers van ryk Arabiere, en as jy eers een keer saam met hom na ‘n Arabiese land gegaan het, is jou kanse min om te ontsnap.