SANW skrikkerig vir rebelle


Na die verpletterende nederlaag wat die SANW in Sentraal-Afrika Republiek op die lyf geloop het, is die Minister van Verdediging skrikkerig om weer troepe na die gebied te stuur.

Die Minister van Verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het gesê dat Suid-Afrika voorheen troepe na lande aangrensend aan die Sentraal-Afrika Republiek ontplooi het. Dit is gedoen om behulpsaam te wees om troepe van die SANW uit die SAR te onttrek.

Nadat 13 Suid-Afrikaanse soldate in Maart gesneuwel het in ’n geveg teen rebelle, het die land soldate na die streek gestuur om die vlugtende troepe te help om die SAR te verlaat.

Daar was geen plan om weer soldate in die SAR te ontplooi nie.
(Foto- Minister van Verdediging)